CMR Gauteng-Oos

Ambassadeurs

Liesel Krause ‐ Wiid

Liesel Krause-Wiid is geen onbekende nie en ondersteun die werk van die CMR ook reeds vir 'n geruime ruk.

Met haar insiatief is daar reeds suksesvolle damesoggende gehou om fondse te werf vir die CMR, sy het al motiverings praatjies vir ons gelewer tydens spesiale geleenthede, sy dien op ons fondswerwings komitee en help waar sy kan ten spyte van 'n besige program.

Sy is 'n bekende voormalige redaktrise van Finesse dames tydskrif, teoloog, skrywer en besigheidsvrou van Krause familie besigheid.

Erich Posthumus

Ons verwelkom Erich alias Norman and Prof vd Klomp as heel nuutste ambassadeur by die CMR.

Welbekend as motiverings spreker en komediant neem hy die jonger generasie op 'n onvergeetlike en impakvolle reis van sang en komiese aktiwiteite.

Erich het 'n hart vir kinders en ook vir die CMR en was dit juis die rede dat hy heelhartig ingestem het om betrokke te raak by die CMR.

Ghapi

Phillip Botha ‐ better known as Ghapi and well known drummer and singer

Our first meeting with Ghapi was at a coffee shop in Pretoria in 2015. Ever since Ghapi has been a very active ambassador for the CMR Gauteng ‐ Oos. Ghapi is the driving force behind the CMR Gauteng ‐ Oos PasellaPakkies food project which was launched in March 2016.

From the minute that we met it was evident that Ghapi has an open and very giving heart.

Stephan Joubert

Prof. Stephan Joubert, bekende teoloog, skrywer, dosent, spreker en leier van e-kerk is reeds meer as vyf jaar betrokke by die CMR. Hy het al by ons jaarfunksies opgetree as boeinde spreker, skryf bydraes vir ons nuusbriewe en ondersteun ook ten volle die werk gedoen deur die CMR.

Johan Scholtz

Bekende akteur, pastoor en skilder kom al 'n lang pad saam met die CMR Gauteng ‐ Oos. Johan is ook 'n inspirerende spreker vir vroue gehoor en dames oggende. Hy glo in die werk van die CMR en is ook onder andere betrokke by Huis Gideon vir pleeg kinders.

Antoinette Louw

Bekende aktrise wat onlangs in "Dis Ek,Anna" 'n kragtoer vertoning gelewer het as Anna. Anna is die verhaal van 'n dogtertjie wat van kleintyd die gruwels van aanhoudende misbruik deur haar pa en ander persone moes verwerk, maar op 'n bomenslike wyse daarin kon slaag om dit te oorkom. Ons het vir Antionette genader na die rolprent uitgereik is en geluk gewens met haar ongelooflike goeie spel. Omdat dit so aktuele onderwerp en realiteit is waarmee ons maatskaplike werkers daagliks werk, ondersteun sy graag en ten volle die werk van die CMR!

Prof Annemarie Davies

Hoof van Ekonomiese - en Bestuurstudies Dept., Unisa

Annemarie het 'n passie vir die werk deur die CMR gedoen en is reeds etlike jare betrokke by die CMR. Sy is genader om te help met 'n strategiese bestuur sessie en is is sedertdien betrokke asook met opleiding en ander behoeftes soos nodig.